Thanks & Appreciation: JCF ERASMUS

November 11 2013

9 September 2010 het my hele lewe ingrypend verander toe ‘n JCB “backactor” my van my spinternuwe motorfiets af gestamp het. Die bestuurder van JCB een (1), Hansie Erasmus nil (0)! 

My nuwe motorfiets, waarvan ek vir drie maande die trotse eienaar was, was afgeskryf, ek het in die intensiewe sorg eenheid in die hospitaal beland. Ek spandeer toe nog n verdere paar weke in die hospital om te herstel.

‘n Vriend beveel toe aan ek maak gebruik van Stefan Marias en Basson om die saak met die Padongelukkefonds te hanteer.

Van dag een af was ek met die uitertste professionaliteit behandel.

Ek was ingelig dat dit ‘n tydsame proses sou wees en elke stap van die proses was gereeld aan my verduidelik. 

Dit was die begin van ‘n drie jaar lange proses.

Die saak was op 5 November 2013 baie suksesvol afgehandel danksy die bekwame en professionele span van Marais en Basson.

Baie dankie aan Stefan, Trudy en die span, julle is die beste in die land!!!!

Hansie Erasmus